×

Olive Bistro Resensie

Aug 27, 2021

​In die hart van Durbanville lê die juweel van ‘n klein Bistro. Goeie atmosfeer, goeie diens en baie professionele en vriendelike personeel.

Olive Bistro Outside Sign

Hulle slagspreuk “My huis is jou huis” sê dit als omdat mens van die intrapslag af regtig tuis voel.

Olive Bistro Inside

Hulle geregte is baie smaaklik. Die Portugese Pizza met sy dun geroosterde pizzabasis sal ek sterk aanbeveel. Hulle Pizzas is regtig ‘n wenner.

Vir hoofgereg het ek die “Cut of the Day” (300g Beessteak) bestel en my ander helfte die “Wildspastei”, baie goeie waarde vir geld want die porsies was groot en baie smaaklik.

Olive Bistro Steak
Olive Bistro Pie

Die maaltyd is met ‘n hoë noot af ge-sluit toe ons besluit om die donker sjokelade brownies bedien saam met vanielje roomys en fyngemaakte neute vir nagereg te probeer, delikasie op ‘n bord en die moeite werd om te probeer.

Ons het dit baie geniet en sal beslis weer terug gaan.

Olive Bistro Cake

“As jy hierdie artiekel lees en jy is buite Kaapstad geleë, hoekom dan nie by ons bespreek nie: The Rose Cottage, Jou tuiste in die wynland”

Bespreek nou met die vorm , of deur AirbnbBooking.comLekkeslaap of TravelGround.

    Photo’s credit: ShutterMonkey Productions