×

Kapstadt Brauhaus Durbanville

Sep 1, 2021

Ongeveer 5min se ry van die Rose Cottage, in die hart van Durbanville, sal jy die Kapstadt Brauhaus ondek.

Hierdie Duitse restaurant moet defnitief nie gemis word op jou besoek nie.

Met n gesellige atmosfeer, vriendelike staf en bullike pryse, kan jy nie vrae vir meer nie!

Kapstad Brauhaus Inside
Kapstad Brauhaus Craft Beer

Begin jou uitstappie met n Hoogaarden Wit Bier of n plaaslike CBC Raspberry Krystal Weiss om daardie dors te kwes.

Voorgereg:

Vir voorgereg het ons die Schwein Fries bestel.
Dit omhels fars skyfies met kaas, bbq sous en getrekte vark “Pulled Pork”.
Hierdie is regtig heerlik, die getrekte vark het n ligte suurlemoen na smaak wat als mooi bymekaar bring.

Kapstad Brauhaus Schwein_Fries
Kapstad Brauhaus Mac en Kaas

Hoofgereg:

Vir Hoofgereg het my beter helfde besluit op die Käsespätzle “Mac en Kaas”.
Vir al die kaas liefhebbers daar buite is dit die dis vir jou!
Dit is vreeslik geurig met die gebraaide spek stukkies daarin wat die perfekte balans gee met die gesmelte kaas.

Ek het besluit om te gaan vir die Wiener Dog.
Wat bestaan uit n Frankfurter op n Pretzel rolletjie met Sauerkraut, Mostert, Piekels en Uie ringe.
Jy kan ook n eksta kant dus kies wat gratis by kom, ek het besluit op die Aartappel kluitjies.
Die Souerkraut en Mostert is n ontploffing van geur.
‘n Wenner vir n opregte Duitse Weiner.

Kapstad Brauhaus Wiener Dog

Nagereg:

Gesoute Caramel melkskommel.

Die afsluiting van so n besondere ervaring verdien ‘n melkskommel. Dit is werklik die “Caramel op die koek” niks “fêncy” nie Is daar iets wat gese moet word behalwe, nog een asseblief?

Kapstad Brauhaus Milkshake
Kapstad Brauhaus Directions

Adres:

Heritage Square C/O Gladstone and, Vrede St, Durbanville, Cape Town, 7550

Ure:

Maandag tot Sondag:
12pm – 22:00pm

Spesiale aanbiedinge:

Elke Maandag tot 16:00: Enige drie pizza en betaal net vir twee.
Dinsdag tot 16:00: 50% afslag op Schnitzels.
Woensdag tot 16:00: Hamburger en Henne “hoender” burger R62.00.
Donderdag tot 16:00: Vis en Chips R62.00.

“As jy hierdie artiekel lees en jy is buite Kaapstad geleë, hoekom dan nie by ons bespreek nie: The Rose Cottage, Jou tuiste in die wynland”

Bespreek nou deur Airbnb of Booking.com.

Photo’s credit: ShutterMonkey Productions